Webtickets PnP Ticket POS | Support 0861 999 710 (w8.pnp)   

Home Exit

88 met Coenie de Villiers en Rocco de Villiers

’n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg vir die vinnige vingers van hierdie twee Suid-Afrikaanse klavier-legendes nie. Gehore het gevra, en Rocco de Villiers en Coenie de Villiers het geluister. Dié twee Viljees span hulle formidable kragte vir die heel eerste keer in hierdie debuut saam. Die repertoire strek vanaf boeremusiek tot by Bach, vanaf die blues tot by ballades. Daar is ou treffers wat spog met vars vertolkings, nuwe komposisies wat spesifiek vir hierdie produksie geskryf is, en – wag daarvoor! – splinternuwe woordkuns uit die penne van albei kunstenaars.

Go
Up
Down
  
Displaying all results from Tuesday, July 1, 2025 to Wednesday, December 23, 2026
DateTimePrice 
88 met Coenie de Villiers en Rocco de Villiers04 Sep 202519:30NG Kerk Welgemoed, Diaz Street, Welgemoed, Cape Town, South Africa R220
BOOK NOW