Webtickets PnP Ticket POS | Support 0861 999 710 (w8.pnp)   

Home Exit

Vannie Kaap - met Tietie en Nanna

Suid-Afrika se gunsteling suster kos-duo, Tietie en Nanna, bring hul Kaaps-Maleise geregte na die Vrystaat Kunstefees! Dié TikTok- en TVsterre kom demonstreer van hul beste resepte uit hul kookboek, 'Tietie en Nanna Kook!' Van geheime speserymengsels tot speelse gekibbel oor die potte, neem Tietie en Nanna die gehoor op ’n reis deur tradisionele kookkuns met ’n tikkie pret en insiggewende geselsies. Kyk hoe dapper paartjies uit die gehoor gekies word vir ’n lewendige kook-wedstryd waar kosblapse en kulinêre towerkuns onvermydelik is! Hierdie interaktiewe sessie dis kultuur, gemeenskap en nostalgie op in een bord – perfek vir kosliefhebbers, families en enigiemand wat hou van ’n lekker kuier.

Go
Up
Down
  
Displaying all results from Tuesday, July 1, 2025 to Wednesday, December 23, 2026
DateTimePrice 
Saturday19 Jul 202515:00ATKV Boeke-oase (Hoofsaal)R40
BOOK NOW